NewsSchools

Rande rol in by markdag

Die rande het behoorlik ingerol by die gr. 4 en 5-markdag van Laerskool Pietersburg (Suidskool) verlede Donderdag.

POLOKWANE – Die rande het behoorlik ingerol by die gr. 4 en 5-markdag van Laerskool Pietersburg (Suidskool) verlede Donderdag.

Lekkergoed, pannekoek, kondensmelkhorinkies, biltong, oulike mussies en verskeie ander items is te koop aangebied deur die jong entrepreneurs.

Minette Olivier en Karla van den Berg het stokworsies, kondensmelk, koeldranke, pannekoek en sjokolade verkoop en het ‘n stewige wins gemaak siende dat al hulle voorraad uitverkoop is.

Michelle Mocke het ook al die lekkergoed wat by haar stalletjie beskikbaar was uitverkoop.

Eben van Wyk het 96 koeldranke verkoop en Ruan Meyer se biltongtafel was ook leeg na die dag se verkope.

Alex Beukman het speelgoed ook met groot sukses verkoop.

Criz-Lynn de Beer het tuisgemaakte fudge, kolwyntjies en mussies verkoop.

Elke verkoper het uitstekende winste getoon en die leerders sien reeds uit na volgende week se markdag waar die gr. 6 en 7-leerders hulle entrepreneursvaardighede ten toon sal stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button