NewsSchools

Kleuters maak self speelgoed

Die kleuters van die Olifant-klas by Erika Kleuterskool het die afgelope week tuisgemaakte speelgoed skool toe gebring.

POLOKWANE – Die kleuters van die Olifant-klas by Erika Kleuterskool het die afgelope week tuisgemaakte speelgoed skool toe gebring.

Baie van die kleuters het opvoedkundige speelgoed gemaak terwyl ander voertuie, vliegtuie en pophuise gemaak het met die hulp van hul ouers.

“Die kinders het in groepe hul speelgoed aan die klas gewys en met hul klasmaats gedeel hoe die speelding gemaak is en watter veiligheidswenke hulle het vir maats,” het Ria Elliot, ‘n onderwyser, vertel.

Van die kleuters het ook gewys dat hulle omgewingsbewus is en het bottels, proppies en plastiek herwin om hulle speelgoed te maak.

“Ek is baie beïndruk. Die kinders was baie kreatief,” het Elliot bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button