NewsSchools

Osieteddies prettig in hul hoede getooi

Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se kleuters het verlede Donderdag elkeen met 'n hoed of hooftooisel by die skool opgedaag.

POLOKWANE – Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se kleuters het verlede Donderdag elkeen met ‘n hoed of hooftooisel by die skool opgedaag.

Die jongspan het hulle kleurvolle en kreatiewe hooftooisels opgesit ter ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se Wear to Care-Hoededag fondsinsamelingsinisiatief. Baie van die seuns het hoede wat hulle gunsteling rugbyspanne ondersteun aangehad terwyl ander, soos Luan Espag, gespog het met ‘n hoed wat soos ‘n motor lyk, kompleet met ‘n nommerplaat wat verpersoonlik is ook. Een van die ander hoede wat ook uitgestaan het was dié van Leané van der Merwe. Haar kameelperd-hoed was amper net so lank soos sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button