POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos se junior en senior koor het verlede Donderdag-aand saam met die Spieëlbeeld-sanggroep opgetree in die skoolsaal.
Spieëlbeeld, wat uit tweelingbroers Janus en Martin van der Westhuizen bestaan, het die aand geopen met vier liedjies waarna die Osies se junior en senior koor die verhoog geneem het.
Die kore, onder leiding van Rita Erasmus, het die gehoor sigbaar geroer met hulle vertoling van Afrika-lied.
“Die Afrika-liedjies is altyd spesiaal en die kinders geniet dit om die bewegings te doen met die drom by,” het Erasmus aan Review vertel.
Die Osies se junior koor bestaan uit 70 lede en 80 van die Osies se nagtegale is deel van die senior koor.
Die koor neem op 26 Mei aan die Super 12-koorkompetisie in Pretoria deel.



