POLOKWANE – Die netbalspanne van Hoërskool Pietersburg (PHS) het hulself laat geld tydens die onlangse Tuks-reeks wat in Maart vanjaar afgeskop het tydens die April-vakansie ten einde geloop het.
PHS se o/14-, o/15-, o/16-, o/17- en o/18-netbalspanne het teen 15 ander hoërskole deelgeneem en algeheel tweede in dié reeks geëindig:
PHS se uitslae:
• PHS se netbalspanne eindig algeheel tweede.
• Die o/16A-netbalspan eindig tweede in hul ouderdomsgroep.
• Die o/16B-netbalspan eindig derde in hul ouderdomsgroep.
PHS se netbalorganiseerder, Elmarie Craig, het gesê dat dit ‘n groot voorreg was vir die spelers om aan die Tuks-reeks deel te neem.
“Dit was vir elkeen van die spelers ‘n goeie maatstaf om te sien hoe hulle teen ander skole vaar,” het Craig gesê.



