Tattoeërmerke steun Elmie-fonds
Sondag, op Moedersdag, het Alusha-Art, Anda-Lucia Jordaan en Sharon Stander se onderneming, die "glitter tattoo" bekendgestel deur middel van 'n Glitter Tattoo-A-Thon by Mike's Kitchen.
POLOKWANE – Sondag, op Moedersdag, het Alusha-Art, Anda-Lucia Jordaan en Sharon Stander se onderneming, die “glitter tattoo” bekendgestel deur middel van ‘n Glitter Tattoo-A-Thon by Mike’s Kitchen.
Hulle het dié inisiatief in samewerking met Mev. Polokwane, Nadia du Preez, aangepak met Review as mediaborg. Die opbrengs van die Glitter Tattoo-A-Thon is geskenk aan die Lig vir Elmie-fonds, wat gestig is om Elmarie Kruger, wat met kolonkanker gediagnoseer is, te ondersteun.
Mike’s Kitchen het ook ‘n ete aan Elmarie en haar man, Deon, geskenk sodat sy ‘n heerlike Moedersdag kon beleef.
Die “glitter tattoo” wat Alusha-Art op ondersteuners se velle aangebring het was donkerblou om sodoende al die tipes kanker te verteenwoordig.
Alusha-Art sal ‘n stalletjie beman by die Polokwane Skou en Musiekfees van 28 tot 31 Mei. Anda-Lucia en Sharon sal ook verskeie skole besoek waar hulle die “glitter tattoos” op leerders se velle sal aanbring en inligtingsessies aanbied oor kanker.
Die “glitter tattoo” bly vir sewe dae op die vel indien die versorgingsaanwysings noukeuring gevolg word en die draer kan bad, stort of swem sonder dat dit sal vervaag.



