Local NewsNews

Munisipaliteit begin met werk aan kragbokse in Westenburg

Die munisipaliteit het verlede Dinsdag instandhoudingswerk op verskeie kragbokse in Westenburg begin.

POLOKWANE – Die munisipaliteit het verlede Dinsdag instandhoudingswerk op verskeie kragbokse in Westenburg begin.

Munisipale werkers het gewerk aan kragbokse in Buysstraat naby die biblioteek, asook in Ben Harrisstraat.

Malesela Maubane, kommunikasiebeampte van die Polokwane Munisipaliteit, sê munisipale werkers is besig met inspeksie van kragbokse oor die hele munisipale area om ‘n aksieplan vir voorkomende instandhouding te ontwikkel. Dit volg na Review se berig oor inwoners wat ongelukkig is oor die munisipale kragbokse in Westenburg wat erg verwaarloos word.

Die inwoners het gekla dat die kragbokse ‘n veiligheidsrisiko is en gesê hulle vrees dat ‘n kind se lewe moontlik in gevaar gestel kan word deur die swak toestand van hierdie kragbokse.

Review het die saak ondersoek en gevind dat ‘n kragboks in Buysstraat naby die laerskool, oopgestaan het en nie kon sluit nie. Die kragboks was ook welig toegegroei met gras.

In Grantstraat was daar twee kragbokse wat stukkend wat. Die deure van die kragbokse was oopgebreek en inwoners het die deure met draad vasgebind in ‘n desperate poging om dit veiliger te maak.

In Ben Harrisstraat, naby die plaaslike vulstasie, was daar ook ‘n kragboks wat op dieselfde manier met draad toegebind was.

Die inwoners beweer dat kinders met die skakelaars in die kragboks speel en hul krag afskakel. Hulle meen wanneer die kragbokse reggemaak is en gesluit word, sal die kinders nie meer hul krag kan afskakel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button