POLOKWANE – Die finale ronde van die gesogte jaarlikse wintersporttoernooi, die Tuks-reeks, is die afgelope naweek gespeel en Hoërskool Pietersburg het die volgende uitslae behaal.
PHS eindig in die top vyf skole, naas Hoërskool Monument, Hoërskool Garsfontein, die Hoër Tegniese Skool Middelburg en Hoërskoool Nelspruit.
“Toe ek ‘n paar jaar gelede as hoof by PHS oorgeneem het, het ons die doelwit gestel dat PHS te minste onder die top vyf skole in die Tuks-reeks moes eindig.
“On het gevoel dan kan ons onsself, ook op die sportveld, as ‘n gerekende skool beskou.
“Ons was in daardie stadium in die twaalfde plek.
“Dit het ‘n paar jaar se harde werk, baie toewyding en ondersteuning deur die afrigters, spelers en ouers gekos om uiteindelik ons doelwit te bereik.
“Ek wil baie dankie sê vir almal wat hard gewerk het om die uitstekende prestasie te behaal,” het PHS se skoolhoof, Willie Schoeman, gesê.



