Local NewsNewsUpdate

Konsert om Tiaan se las te verlig

Verlede week het Review berig oor Tiaan Bouwer (8) se lensvervangingsoperasie wat op 14 Mei uitgevoer is.

POLOKWANE – Verlede week het Review berig oor Tiaan Bouwer (8) se lensvervangingsoperasie wat op 14 Mei uitgevoer is.

Tiaan se ma, Martelize, se werkgewer, Freek Nel van Data Inn, het voorlopig geld voorgeskiet om vir Tiaan se operasie te betaal, maar dié geld moet terugbetaal word.

Om Tiaan se ouers te help om hierdie koste te dek, bied bekende gospel-sanger, Dewald Gouws, ‘n konsert aan op 5 Junie.

“Dewald, in samewerking met Review, doen die vertoning om die familie met hul finansiële mediese las te help,” vertel Istha McMillan, skakelbeampte by Mediclinic Limpopo en een van die organiseerders van die vertoning.

“Die operasie was van kardinale belang en kon nie verder uitgestel word nie, dus is die geld voorgeskiet.”

Tydens die vertoning word Dewald se nuwe CD en DVD, Stuur My in Polokwane bekendgestel en word sy nuwe mu-siekvideo, wat op KykNet vertoon sal word, ook opgeneem.

Nesta Gouws, Dewald se vrou en ‘n organiseerder van die vertoning, vertel dat Dewald baie moeite doen en selfs mense van Johannesburg kry om hom op die aand van die konsert te help.

Kaartjies vir hierdie konsert kos R90 per persoon en sluit sop en brood in. Kinders onder 10 jaar kan die konsert gratis bywoon.

Kaartjies is beskikbaar by Nesta by 082 677 6164 of Wanda by (015) 296 0080.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button