NewsSchools

PHS Jeugweek ‘n treffer vir almal

Hoërskool Pietersburg (PHS) se jaarlikse Jeugweek, van 11 tot 16 Mei, was weereens 'n reuse sukses met 'n wye verskeidenheid aktiwiteite wat die leerders deur die week postitief besig gehou het.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) se jaarlikse Jeugweek, van 11 tot 16 Mei, was weereens ‘n reuse sukses met ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite wat die leerders deur die week postitief besig gehou het.

Een van die hoogtepunte van die week was ‘n besoek en optrede van die Christelike leierskapsontwikkelingsgroep, Pneumatix. Hierdie groep fokus daarop om ‘n nuwe generasie op te bou deur middel van opheffing.

Hulle werk spesifiek met karakterontwikkeling, opleiding in lewensvaardighede en akademiese- en kunsontwikkeling.

Die week se program het ‘n dans asook drama- en musiekklasse ingesluit.

In die aande het Pneumatix se aandvertonings die leerders vermaak met die hulp van die A.G.S-kerk se jeugbediening, Muurprop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button