POLOKWANE – Boeresport, vetkoek, gumboot-danse en kleurvolle kostuums was van die hoogtepunte van die gr. R-leerders van Oosskool se Trots Suid-Afrikaans Dag op 23 Mei.
Vir dié Osies is dit al tradisie om elke jaar ‘n Trots Suid-Afrikaans Dag te hou, omdat hulle “My Land Suid-Afrika” as tema het as deel van hul kurrikulum.
Hulle het die dag begin met Volkspele en ‘n modeparade waar elke leerder volgens onderskeie Suid-Afrikaanse bevolkingsgroepe se tradisies kon aantrek.
Die pret is voortgesit met ‘n safari-ete waar die Impi’s, Venda’s, Voortrekkers en Springbokrugbyspelers gesmul het aan tradisionele kos soos pap en sous, boerewors, melktert, koeksisters en gemmerbier.
Boeresportitems soos sak- en driebeen-resies was ook deel van die dag.



