POLOKWANE – Die gr. R-klasse van Laerskool Pietersburg-Oos het onlangs ‘n besoek gebring aan Mediclinic Limpopo.
Die kleinspan het die noodeenheid van die hospitaal besoek en baie geleer oor veiligheid.
Dr. Victor Lofty-Eaton van die noodeenheid het aan hulle verduidelik dat lewens by dié eenheid gered word en dat die leerders nie bang hoef te wees as hulle dalk eendag in die hospitaal beland nie.
“Wat wonderlik is, is dat amper al die kinders sê dat hulle ook eendag wanneer hulle groot is dokters wil wees,” het Lofty-Eaton met ‘n glimlag vertel.
Die leerders het onder leiding van verpleegsters ‘n toer van die eenheid onderneem en praktiese demonstrasies waargeneem.



