NewsSchools

Kruinies rugby kraai koning

Curro Heuwelkruin se hoërskoolrugbyspanne het Saterdag op hul tuisveld teen Eric Louw se spanne kragte gemeet.

POLOKWANE – Curro Heuwelkruin se hoërskoolrugbyspanne het Saterdag op hul tuisveld teen Eric Louw se spanne kragte gemeet.

Dit was veral die eerstespanne se wedstryd wat beide spanne se ondersteuners behoorlik laat naels kou het.

Eric Louw se eerstespan het kort voor die einde van dié wedstryd voorgeloop, maar enkele sekondes voor die skeidsregter sy eindfluitjie kon blaas, het Heuwelkruin se Wessel Pretorius ‘n heldeomhelsing van sy spanmaats gekry nadat hy die wendrie gedruk het.

Heuwelkruin het hierdie skouspelagtige wedstryd 24-22 gewen.

Die o/15-span van Heuwelkruin het die span van Musina 22-13 geklop en Heuwelkruin se o/16-span het hul spiere gebult en hul teenstanders 67-7 geklop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button