POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) het vanjaar vir die eerste keer aan die Radikale Redenaarsfees (RRF) deelgeneem en die redenaars het die skool se naam hoog gehou.
Dié fees is daarop gemik om meer leerders die kans te gee om aan redenaars-kompetisies deel te neem.
Leerders neem volgens hul grade deel en daar is nie ‘n onvoorbereide toespraak-afdeling nie.
Die volgende leerders het deurgedring na die finale ronde van die fees wat op 18 Oktober in Pretoria plaasvind:
• Jean-Pierre Viljoen (gr. 8);
• Corlia Pieterse (gr. 9), en
• Elrize Erasmus(gr. 10).
Die volgende redenaarsspanne het ook na die finaal deurgedring:
• Gr. 8: Jean-Pierre Viljoen, Inge Britz, Ivan Beukes en Lizbé du Preez.
• Gr. 11: Anri Venter, Daniël Snyman, Christiaan Thiart en Elsamarie Uys.
“Dit was vir die leerders ‘n lekker geleent-heid en almal is dit eens dat hull volgende jaar weer sal deelneem,” het Anna-Marie Schoeman, PHS se skakelbeampte, gesê.



