NewsSchools

Nuwe onnies sluit by Noordskool aan

Die onderwysspan van Laerskool Pietersburg Noord (Noordskool) het twee nuwe onderwysers ryker geword.

POLOKWANE – Die onderwysspan van Laerskool Pietersburg Noord (Noordskool) het twee nuwe onderwysers ryker geword.

Janandi de Winnaar is ‘n gr. 2-onderwyser, die pasgetroude juffrou kom al die pad van die Paarl af.

Haar grootste begeerte is om ‘n verskil in die leerders in haar klas se lewens te maak.

Janandi glo dat dit haar werk is om aan die leerders in haar klas geleentheid te gee om te groei, te leer en te ontwikkel.

“Onderwysers moet daadwerklik belangstel in die leerders se lewens,” sê sy.

Sonel Herbst bied Afrikaans aan vir Noordskool se gr. 4-leerders.

Die ma van twee is baie kunstig; sy hou veral baie van musiek.

Sonel sê sy wil graag daardie een onderwyser in ‘n kind se lewe wees wat onthou word as die een wat ‘n verskil gemaak het.

“Ons werk met die toekoms van môre. As ma het ek bietjie van ‘n voordeel in die klas, want my leerders is vir my soos my eie gesin en ek wil vir hulle die beste onderrig moontlik gee.”

Noordskool se skoolhoof, Attie Visagie, sê daar is geen moeite wat hierdie onderwysers ontsê om te verseker dat hul leerders hul potensiaal bereik nie. “Ons is baie trots op ons onderwysspan en baie opgewonde oor hierdie nuwe bloed.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button