NewsSchools

Ondersteunersklub geniet ‘pub lunch’

Die Pietersburg Laerskool (PLS) Ondersteunersklub het Vrydag by die skool se lapa byeengekom vir 'n gesellige pub lunch.

POLOKWANE – Die Pietersburg Laerskool (PLS) Ondersteunersklub het Vrydag by die skool se lapa byeengekom vir ‘n gesellige pub lunch.

Die klub se voorsitter, Dirk du Plessis, het met Review gesels oor die ondersteunersklub en die verskil wat hulle maak by die skool.

“Die PLS Ondersteunersklub is ‘n sosiale klub en is drie jaar gelede gestig. Ons het een hoofdoel: om die skool en sy kinders te ondersteun,” sê Du Plessis.

Hy vertel dat die klub hoofsaaklik uit PLS-pa’s bestaan wat een keer per maand vergader en behoeftes van die skool en leerders identifiseer en aanspreek.

“Ons dra finansieel by tot van die leerders se behoeftes en ons verbeter die skoolterrein,” voeg Du Plessis by.

“Die ondersteunersklub het alreeds ‘n klomp seuns en meisies gehelp; of dit nou vir akademiese, buitemuurse, kultuur-, of nasionale en provinsiale sporttoere is, ons het al bygedra om die leerders te ondersteun wanneer hulle families nie kan nie,” vertel hy.

Die klub bestaan reeds uit sowat 30 lede en bied dikwels funksies soos Vrydag se pub lunch aan om fondse in te samel.

Enigeen wat belangstel om deel van die klub te word of wil betrokke raak kan Dirk du Plessis by 083 922 1842 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button