NewsSchools

Fokus op opleiding

Akademie Reformia bied dwarsdeur die jaar 'n begaafdheidsprojek aan wat opleidingsprogramme en klasse vir leerders, ouers en onderwysers behels.

POLOKWANE – Akademie Reformia bied dwarsdeur die jaar ‘n begaafdheidsprojek aan wat opleidingsprogramme en klasse vir leerders, ouers en onderwysers behels.

Die ekstra klasse word in die skooljaar ingewerk en soms ook na-ure aangebied.

Volgens Marietha Nel, skoolhoof, is die doel van die begaafdheidsprojek om die leerders se potensiaal te ontwikkel.

“Ons sien die skool as ‘n verlengstuk van die huis en daarom moet ouers en onderwysers saamwerk om leerders elke moontlike geleentheid te bied,” het sy geê.

“Ons het begin met ‘n Read-A-Thon waar leerders deur hul ouers betaal is om te lees. Ook het Aros Universiteit ‘n studieleidingskursus vir ons gr. 4- tot 7-leerders aangebied.

“Gedurende dié kursus is ouers en onderwysers ook betrek om ook meer oor studieleiding te leer.”

“Van ons personeel het ook Christelike Normatiewe Onderwys-opleiding gehad, wat hulle weereens herinner het aan die roeping van Christelike onderwys,” het Nel verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button