NewsSchools

PHS-kokke se oë op gesogte sjef-prys

Marika Brandon en Madelein Kruger, twee gr. 11-leerders van Hoërskool Pietersburg, is gekies om aan die Pick n Pay School Chefs-kompetisie wat op 4 en 5 September plaasvind deel te neem.

POLOKWANE – Marika Brandon en Madelein Kruger, twee gr. 11-leerders van Hoërskool Pietersburg, is gekies om aan die Pick n Pay School Chefs-kompetisie wat op 4 en 5 September plaasvind deel te neem.

Marika en Madelein is een van 20 spanne wat in dié kompetise gaan meeding. Skole kon vyf spanne elk inskryf en Marika vertel sy en Madelein het op die nipper besluit om ‘n kans te vat en in te skryf.

Deelnemers moes n spyskaart voorberei en inhandig met drie disse van Afrika-lande wat in ‘n fynproewersrestaurant voorgesit kon word. Een van die disse moes Suid-Afrikaansgeinspireer wees en ten minste een produk van elke borg van die kompetisie moes gebruik word.

Die koste van die ete moes ook onder R115 per persoon wees.

“Ons was bang dat ons nie betyds sou klaarkry nie, maar gelukkig kon ons die inskrywing betyds afhandel. Ek is nog nie seker van al ons disse nie en is bekommerd dat daar disse is wat ons nie sal kan voorberei nie,” sê Marika.

“Ek is weer bang dat klein foutjies sal insluip, soos dat ons ‘n bestandeel vergeet of iets te vroeg of te laat byvoeg en die hele dis ruïneer. Ons sal by mekaar se huise oefen om seker te maak dat ons goed gesout is teen die tyd wat die kompetisie aanbreek,” sê Madelein.

Marika sê dit is vir haar baie belangrik om die kompetisie te wen, omdat dit sal beteken dat sy verder sal kan studeer by ‘n kookskool. “Só prys sal my lewe verander.”

Beide Marika en Madelein vertel dat hulle grootste ondersteuner in die voorbereiding van die kompetisie hul onderwyser, Mariaan Badenhorst, is. Volgens dié twee is daar nie einde aan die opofferings wat sy vir hulle maak nie.

“Ons wil ook graag baie dankie se aan al die tannies in die kantoor wat soveel moei-te vir ons gedoen het en nie eens altyd seker was waaroor die kompetisie gegaan het nie” sê Madelein.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button