POLOKWANE – Die leerders van Laerskool Pietersburg-Oos het verlede week groot pret beleef by die skool.
Twee dae vol pret en speletjies het gesorg dat die laaste paar dae van die skoolkwartaal vinnig verby gevlieg het.
Die gr. R tot 3-klasse het ‘n speletjiesdag aangebied verlede Dinsdag en het kussinggevegte, kat-en-muis en vroteier gespeel van 08:00 tot 12:00.
Die gr. 4 tot 7-klasse het verlede Woensdag ontspan by hulle speletjiesdag waar hulle sokker, tennis, toutrek en boeresport geniet het.
Die pret het net meer geraak met die skool se aandskool waar die onderwysers die kinders met spesiale lesings vermaak het.
Die fondse wat ingesamel is tydens die speletjiesdag en aandskool sal aangewend word vir die skool se beurs-program.
Verlede Donderdag het die skool Bibberdag gevier met ‘n Mnr. en Mej. Bibber-parade van die gr. 5-leerders en ‘n Bibbersokkie vir die senior-leerders die aand.



