NewsSchools

Alles van reënmeters en weerhane

Die gr. 4-klas van Akademie Reformia het onlangs gekonsentreer op weer, spesifiek weeraanduidings soos weerhane, reënmeters en windkouse.

POLOKWANE – Die gr. 4-klas van Akademie Reformia het onlangs gekonsentreer op weer, spesifiek weeraanduidings soos weerhane, reënmeters en windkouse.

Met die teorie stewig onder die knie, het hulle onderwyser Lana Steyn die leerders opdrag gegee om ‘n weerhaan, reënmeter of windkous te maak. Tarien Saaiman het haar reënmeter vir Review gewys en gesê dié projek dien as die leerders se wetenskaptaak.

Diderik Brits se weerhaan is aangewys as die beste projek uit die groep.

“Ek is al 33 jaar lank ‘n onderwyser en ek kan dadelik sien wanneer ‘n leerder alleen of met minimum hulp ‘n taak voltooi het. Ek kan ook sien wanneer die ouers die taak voltooi het. Ek kon duidelik sien Diderik het sy taak self voltooi en hy het baie goeie werk daarvan gemaak,” het Steyn gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button