POLOKWANE – Vir ouers wat met hul hande in die hare sit oor hoe om hul kinders besig te hou in die skoolvakansie, het Sarienne Breed die perfekte oplossing gebied.
Sarienne het die stad se ouers ‘n ruskans gegee deur ‘n Winter Boot Camp by Cuzebuli Lodge aan te bied vir kinders van vyf tot 13 jaar.
Die kamp het van 20 Junie tot 4 Julie plaasgevind en het ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite soos ponieritte en kolwynjieversiersessies ingesluit. Die kinders het ook ‘n hindernisbaan en springkasteel geniet.
“Ons volgende kamp gaan in die somervakansie wees. Ons gaan ons aktiwiteite-area uitbrei en ook ‘n binneshuise speelarea skep,” het Sarienne gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





















