Geliefde arts se toestand is kritiek
Lida Fourie, bekende en geliefde tandarts in die stad, is tans in die hoësorgeenheid by die privaat hospitaal opgeneem.

POLOKWANE- Lida Fourie, bekende en geliefde tandarts in die stad, is tans in die hoësorgeenheid by die privaat hospitaal opgeneem.
Volgens ‘n bron was Fourie, wat reeds 17 jaar as tandarts in die stad werk, by ‘n koffiewinkel Saterdag waar sy eers sleg gevoel, en later inmekaar gesak het.
Nooddienste is ontbied en sy is na Mediclinic Limpopo afgevoer waar haar toestand tans kritiek is.
Sy is die eggenoot van ds. Thys Fourie van die Hervormde Gemeente Pietersburg. Hy wou nie gister kommentaar lewer oor sy vrou se toestand nie.
Fourie is tans onder verdowing en toetse word gedoen om die oorsaak van haar toestand te bepaal. Daar word vermoed sy het of ‘n hartaanval gehad, of dat ‘n bloedklont deur haar long is.
Haar toestand is gister teen druktyd deur ‘n vriendin as “steeds dieselfde” beskryf. “‘n Mens kan net vir haar en die gesin bid,” het die vrou gesê.



