GPF sukses deur samewerking
Samewerking tussen die Edwel gemeenskapspolisiëringsforum(GPF) bevorder die veiligheid in die gemeenskap en sorg vir die vinnige en doeltreffende aankeer van verdagtes in die area
POLOKWANE – Samewerking tussen die Edwel gemeenskapspolisiëringsforum(GPF) bevorder die veiligheid in die gemeenskap en sorg vir die vinnige en doeltreffende aankeer van verdagtes in die area. Verlede week is daar twee verdagtes aangekeer waarvan een ‘n verbode immigrant is en die ander verbind is met die diefstal van onder andere wieldoppe in die area.
“Dit is slegs deur harde werk en die samewerking van die gemeenskap dat hierdie mense hulle rieme styfloop.
Ons wil graag aan almal dankie sê vir hulle betrokenheid en gewilligheid om te help om Edwel so veilig moontlik te maak,” het Antuanette Pretorius van die Edwel-bestuur gesê. Inwoners in die Welgelegen en Eduanparkarea word weer daaraan herinner om betrokke te raak by die GPF in die area. Inwoners wat betrokke wil raak kan ‘n e-pos stuur aan itstopshere.edwel@gmail.com. Die 24-uur noodnommer is 074 16 EDWEL/ 074 163 3935.



