NewsSchools

Glyplank, swaai vir La Wiida-leerders

Drie leerders van die Hoërskool Pietersburg het onlangs 'n baie spesiale projek aangepak om 'n verskil te maak in die leerders van die La Wiida Leersentrum vir Kinders met Spesiale Behoeftes se lewens.

POLOKWANE – Drie leerders van die Hoërskool Pietersburg het onlangs ‘n baie spe-siale projek aangepak om ‘n verskil te maak in die leerders van die La Wiida Leersentrum vir Kinders met Spesiale Behoeftes se lewens.

Mark Vermaak, Ludolf Neethling en Armand Coetzee het ‘n groot swaai en glyplank gerestou-reer en aan die leersentrum geskenk.

Nou kan die La Wiida-leerders klim en klouter na hartelus.

La Wiida (voorheen bekend as die Arende-klas van Akademie Reformia) akkommodeer leerders met spesiale behoeftes tussen die ouderdomme van ses en 14 jaar.

Hulle het twee gekwalifiseerde onderwysers en een klasassistent.

Elke leerder kry individuele aandag en daar word in elkeen se spesiale behoeftes voorsien om sodoende vir elke leerder ‘n plek in die samelewing te bied.

Borge wat ook tot die projek bygedra het was Sugar & Spice Function & Decor en Rent-A-Candle.

Rocco de Villiers sal op Vrydag 5 September optree by Bolivia Lodge ten bate van La Wiida Leersentrum vir Kinders met Spesiale Behoeftes.

Kaartjies beloop R500 per persoon of R5 000 per tafel van tien en sluit ‘n banketete in.

Skakel Valerie O’Reilly vir verdere inligting of besprekings by 072 943 0973.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button