NewsSchools

Sibbe blink uit op karate-front

Twee van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se leerders is uitblinkers in karate.

POLOKWANE – Twee van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se leerders is uitblinkers in karate.

Hanli Heins (17) en haar broer, Heinrich (15), het in Junie aan die Noordelike streek se Kimura Shukokai-kompetisie deelgeneem.

Hanli het een goud en ‘n brons medalje gewen en Heinrich het twee goue medaljes gewen. Hulle het beide gekwalifiseer vir die wêreldkampioenskappe wat verlede week by Sun City aangebied is.

By dié prestige-kompetisie het Hanli ‘n brons medalje gewen en Heinrich het ‘n goue en brons medalje gewen.

Die broer en suster sê hulle geniet elke oomblik van die tipe karate wat hulle doen en sal dit vir niks verruil nie.

Hulle oefen twee keer ‘n week vir twee ure om hul sportkuns te slyp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button