POLOKWANE – Gr. 7-leerders en hul ouers het verlede Donderdag opgewonde voor die Hoërskool Pietersburg se saal bymekaar gekom waar hulle deur die skakelbeampte van die skool, Anna-Marie Schoeman, verwelkom is en in groepe van 20 verdeel is.
Elke groep is deur twee lede van die verteenwoordigende leerlingraad (VLR) op ‘n toer deur die skool geneem
Hulle het ook ‘n voor-smaak gekry van die verskillende aktiwiteite wat beskikbaar is by PHS.
Vertonings deur die koorlede, dramagroep, boogskietspan, redenaarspan, wetenskapspan, en verskeie ander sportspanne het die gr.7-groep beslis beïndruk.
“Die skool gee baie geleenthede vir iemand wat glo dat sport een van die belangrikste opvoedingsgeleenthede bied vir kinders, en dis vir my baie belangrik dat my seun die geleentheid kry om daarin te kan presteer, nie net in akademie nie, maar ook in sport,” het een van die ouers, Pieter Geldenhuis, gesê.
Volgens Gladice Kabelo was sy baie beïndruk met die skool. Sy het gesê die skool haal weekliks die koerant vir hul uitsonderlike prestasies en daar word erkenning aan leerders gegee as hulle hard werk en presteer.



