NewsSchools

Kruinies kyk na sterre by aandskool

Terwyl ander leerders van die stad Donderdagaand besig was met hul aandroetine van eet, bad en tandeborsel, het die leerders van Curro Heuwelkruin in die skoolbanke gesit.

POLOKWANE – Terwyl ander leerders van die stad Donderdagaand besig was met hul aandroetine van eet, bad en tandeborsel, het die leerders van Curro Heuwelkruin in die skoolbanke gesit.

Maar die Kruinies het glad nie omgegee om so laat skool by te woon nie, want hulle het ‘n interessante lesing bygewoon en Vrydagoggend kon hulle tuisbly.

Ernst Marais, amateur-sterrekundige, het die leerders meer geleer oor die heelal.

“Ek wou vir hulle wys hoe groot die heelal is, ek wou hê hulle moes die skaal van die heelal verstaan,” het Marais aan Review verduidelik.

Marais het ‘n planetarium in die skoolsaal opgestel en die leerders bekendgestel aan astronomie. Hulle het meer oor sterre, konstellasies en die maan geleer. Daarna het hy die leerders na buite geneem waar hy verskeie konstellasies vir hulle gewys het.

Die leerders het ook maats wat nie leerders van Heuwelkruin is nie, saamgebring om hierdie opwindende aandskool by te woon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button