NewsSchools

PHS-slimmes bring hoop vir haweloses

Twee leerders van PHS woeker vanjaar in die Tritech Wetenskapekspo met 'n idee wat volgens liefdadigheidsorganisasies 'n wesenlike verskil kan maak in die lewens van haweloses.

POLOKWANE – Twee leerders van PHS woeker vanjaar in die Tritech Wetenskapekspo met ‘n idee wat volgens liefdadigheidsorganisasies ‘n wesenlike verskil kan maak in die lewens van haweloses.

Winter na winter help Hulp In Elke Behoefte (Hieb) om komberse, wat ‘n relatiewe duur item is, aan haweloses te voorsien om die ergste koue te trotseer.

Dit was juis dié koste-element van dié gebaar wat Daniel Swarts en André Viljoen geïnspireer het om hul Paasvakansie in te boet in hul soeke na ‘n goedkoper alternatief.

Hul taak, Winterhoop vir Haweloses, was die produk van hul harde werk.

Hulle het onlangs deurgedring na die finale ronde van hierdie kompetisie.

“Ons het talle eksperimente met verskillende materiale gedoen om ‘n goedkoper alternatief vir komberse te kry.

“Elke eksperiment het ongeveer ‘n uur geneem en ons het elke eksperiment twee keer gedoen. Dit was harde werk, maar lekker,” vertel Daniel.

Die uitslag van hul studie toon dat dubbellaagkom-berse, dubbellaagkarton en dubbellaag-geotekstiel, in die vorm van Bidum se effektiwiteit min of meer dieselfde is teen die koue.

Vanweë komberse se koste en karton se gebrek aan duursaamheid was hul slotsom dat geotekstiel gebruik kan word as ‘n alternatief.

Adriaan Fourie van Hieb sê hulle verwelkom die idee van ‘n goedkoper alternatief.

“Winter na winter deel Hieb komberse uit en die koste daaraan verbonde is relatief hoog,” sê hy.

Fourie skat dat sowat 350 tot 450 mense met huisves-ting en kospakkies gehelp word in Polokwane en dat tussen 180 en 250 mense onwettig op verskeie plekke in die stad slaap snags. Dié aantal mense, meen Fourie, is konserwatief geskat.

“Die publiek spandeer jaarliks baie geld aan kom-berse vir haweloses en ons glo ‘n nuwe konsep kan slegs tot voordeel wees. Ons wens die leerders alle sterkte toe,” het Fourie gesê.

• Daniel en André het die naweek ‘n silwer medalje vir hul projek tydens die nasionale ronde van die ekspo verwerf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button