POLOKWANE – Laerskool Pietersburg se junior koor het Dinsdagoggend by die senior burgers van Martha Hofmeyr Tehuis ingeloer en ‘n paar liedjies gesing.
Die pragtige kinderstemme het die inwoners se hartsnare geroer met pragtige liedjies soos Liewe Vader Ek sê Dankie, Dierbare Ouma, As Oupa So Sê, en Vader Jacob.
“Vir ons is dit belangrik om vir kinders te leer dat dit verrykend is om na mense in die gemeenskap uit te reik en om iets van jouself te gee,” het, Reinette Greyling, koorleier, gesê.
“Daarom het ons besluit om vir die ju-niorkoor-maats die geleentheid te gee om ‘n paar liedjies te gaan sing vir die oupas en oumas by Martha Hofmeyr Tehuis.”
Die koor is onder leiding van Greyling met Skat Westcott en Johanna Schutte wat help met die afrigting.



