NewsSchools

o/19-Triegies blink uit op krieketveld

Die Hoërskool Louis Trichardt se o/19-krieketspanne het Saterdag teen twee gedugte teenstan-ders op die krieketveld te staan gekom en hulle beide uitstekend van hul taak ge-kwyt.

MAKHADO – Die Hoërskool Louis Trichardt se o/19-krieketspanne het Saterdag teen twee gedugte teenstan-ders op die krieketveld te staan gekom en hulle beide uitstekend van hul taak ge-kwyt.

Die Triegies se o/19-meisieskrieketspan het teen die span van Southern Cross College in Hoedspruit te staan gekom.

Louis Trichardt het eerste geboul en Southern Cross almal uitgehaal vir 126 lopies.

Daarna het die Triegies gekolf en gemaklik met agt paaltjies gewen.

Die skool se o/19-seuns-krieketspan het teen die span van Hoërskool Pietersburg te staan gekom.

Louis Trichardt het PHS se spelers almal uitgehaal vir 138 lopies in 37 boulbeurte.

Louis Trichardt het daarna 139 lopies in 21 boulbeurte aangeteken en die wedstryd met vyf paaltjies gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button