Skenk dit wat jy nie meer wil hê nie aan hulle
DIE Polokwane Kinder- en Gesinsorgver-eniging se liefdadigheidswinkel is geleë in die Library Gardens.
DIE Polokwane Kinder- en Gesinsorgver-eniging se liefdadigheidswinkel is geleë in die Library Gardens.
Karin Kotze, William Shai en Grace Vorster is die vriendelike werknemers van hierdie winkel.
“Ons organisasie is ‘n organisasie sonder winsbejag. In ons winkeltjie word klere, huishoudelike artikels, speelgoed, elektriese en huishoudelike ware verkoop. Dié items is alles donasies wat ons van die publiek kry,” vertel Karin.
“Die doel hiervan is dat alle gelde wat ons met verkope inbring deel uitmaak van die algehele fondsinsamelingsinisiatief van ons organisasie,” sê Karin.
Die winkel bied tans ‘n winter-uitverkoping aan waar die pryse van items wissel van R2 tot R15.
Karin doen ‘n beroep op die gemeenskap om ongebruikte artikels aan hul liefdadigheidswinkel te skenk. Sy sê ook baie dankie vir donasies wat reeds aan die winkel geskenk is.
Items kan by Jorissonstraat 42a of by die liefdadigheidswinkel afgelaai word tussen 08:00 en 16:00.
Vir meer inligting skakel die kantoor by (015) 297 3326/7.



