POLOKWANE – Die bestuur van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verskeie van hul borge en ander besighede in die stad genooi om verlede Vrydag aan ‘n musiekpret-aand by die skool deel te neem.
Die deelnemers het in spanne van 10 of meer deelgeneem met ‘n maksimum van 20 deelnemers per span.
Die kompetisie het verskillende tipes musiekvasvrae behels en spanne kon ander spanne met R50 beboet indien die oppone-rende span nie die punte wat hulle gewen het genoegsaam gevier het nie.
Die geld wat deur die boetes en ‘n kon-tantkroeg ingesamel is, sal by die skool aangewend word.
Skoolhoof Francois Armer het gesê die aand was ‘n groot sukses en ‘n heerlike kuiergeleentheid vir al die deelnemers.



