NewsSchools

Voëlstreke en geite

Die kleinste voëltjie in die wêreld is die suikerbekkie en dis ook die enigste voël wat agteruit kan vlieg, het leerders van Akademie Reformia geleer by 'n voëlvertoning, aangebied deur Deidré Kritzinger van Environmental Exihibitions by die skool verlede Vrydag.

POLOKWANE – Die kleinste voëltjie in die wêreld is die suikerbekkie en dis ook die enigste voël wat agteruit kan vlieg, het leerders van Akademie Reformia geleer by ‘n voëlvertoning, aangebied deur Deidré Kritzinger van Environmental Exihibitions by die skool verlede Vrydag.

Kritzinger het aan die leerders verduidelik dat ‘n suikerbekkie nektar uit blomme eet en terwyl die voël eet moet hy sy vlerke vinnig klap om stil te staan.

“Die suikerbekkie klap sy vlerke 80 keer per sekonde. Die voël se nes is so groot soos ‘n R5-stuk en sy eiertjies so groot soos ertjies.

“‘n Suikerbekkie kan ook net twee eiers op ‘n slag lê, omdat die voëltjie se lyfie te klein is om meer eiers warm te hou,” het Kritzinger gesê.

Die leerders het ook geleer dat elke voël se snawel verskil om aan te pas by die kossoorte wat hulle eet.

Voëls het ook verskillende tipes pote. Volgens Krit-zinger het sekere voëls soos arende drie tone voor en een toon agter. Die agterste toon is daar vir balans.

“Die houtkapper het twee tone voor en twee tone agter wat hy gebruik om te klim. Party voëls soos die volstruis het net drie of twee tone voor en geen toon agter nie. Dis om te help met loop en hardloop. Ander voëls, veral die wat op of naby water bly, het webbe tussen hulle tone wat hulle gebruik om te swem,” het Kritzinger gesê.

Sy het ook vir die leerders verduidelik dat ‘n pikkewyn die enigste voël is wat kan swem en regop loop.

“‘n Pikkewyn kan nie vlieg nie, want sy vlerke is te klein, maar hy kan baie goed swem.

“Die pikkewyn se tong is van so ‘n aard dat die kos vassit aan die tong sodat dit nie uitval in die water nie,” het Kritzinger verduidelik.

Die leerders het ook geleer dat ‘n volstruis die grootste voël is en dat die mannetjie swart vere het om hul eiers te beskerm in die nag. Die wyfie se vere is grys om die eiers in die dag te beskerm.

Na die praatjie het Krit-zinger vir die leerders ‘n liedjie geleer en die gr. R- tot 3-leerders het voëltjie-mas-kers gemaak.

Die gr. 4- tot 7-leerders het voëls uit karton gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button