NewsSchools

Mnr. en Mej. Oosskool se finaliste reik uit

POLOKWANE – Met ogies wat blink van opgewondenheid het die kleuters van Noddy’s Kleuterskool vir twee van Mnr. en Mej. Oosskool-finaliste dankie gesê vir die speelgoed wat hulle verlede Dinsdag aan die kleuterskool geskenk het. Maar dit was nie net speelgoed wat Gunter Kruger en Juané Viljoen aan die kleuterskool gegee het nie. Hulle het …

POLOKWANE – Met ogies wat blink van opgewondenheid het die kleuters van Noddy’s Kleuterskool vir twee van Mnr. en Mej. Oosskool-finaliste dankie gesê vir die speelgoed wat hulle verlede Dinsdag aan die kleuterskool geskenk het.

Maar dit was nie net speelgoed wat Gunter Kruger en Juané Viljoen aan die kleuterskool gegee het nie.

Hulle het ook ‘n klimraam geverf en aan die kleuterskool geskenk asook sokkerballe, leesboeke, skryfbehoeftes en skoonmaakmiddels.

Die kinders is ook bederf met kolwyntjies en lekkergoedpakkies.

Die skenking is deel van Gunter en Juané se liefdadigheidsprojek in samewerking met die gr. 5-leerders van Oosskool vir hierdie kompetisie.

Helen Percent, ‘n Noddy’s onderwyser, het die leerders bedank vir die skenking.

“Baie dankie vir alles. Ons waardeer dit regtig baie, veral die leesboeke. Die kinders hou van storietyd amper net so baie soos van teken en inkleur,” het Percent gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button