NewsSchools

1ste Mnr. en Mej. Oosskool gekroon

Die eerste Mnr. en Mej. Oosskool-kompetisie ooit was 'n enorme sukses met die finale ronde en kroning wat verlede Donderdagaand in die skoolsaal plaasgevind het.

POLOKWANE – Die eerste Mnr. en Mej. Oosskool-kompetisie ooit was ‘n enorme sukses met die finale ronde en kroning wat verlede Donderdagaand in die skoolsaal plaasgevind het.

Die kleurvolle Pretville-tema het gesorg dat Laerskool Pietersburg-Oos se saal en verhoog pragtig versier was en die finaliste se opvoerings in die talentkompetisie het die gehoor en beoordelaars verstom.

Die finaliste het ook hulle gemeenskapsprojekte aan die beoordelaars en gehoor voorgelê.

Die finaliste het in groepe van twee verskeie gemeenskapsprojekte met behulp van hulle skoolmaats aangepak en het ‘n groot verskil gemaak in die gemeenskap.

Juané Viljoen en Günter Kruger se gemeenskapsprojek in samewerking met die gr. 5-leerders het die prys vir beste gemeenskapsprojek gewen. Dié twee het uitgereik na min-derbevoorregte kinders van Noddies Kleuterskool en Ivydale Shelter.

Na baie kopkrap deur die beoordelaars het die groot oomblik aangebreek en is Erick Knoetze en Lise Prinsloo gekroon as die heel eerste Mnr. en Mej. Oosskool.

Juané Viljoen en Cara Coetzee is as die eerste- en tweede prinses onderskeidelik aangewys.

Günter Kruger en Tiflin Brown is as eerste en tweede prins gekroon.

“Die kompetisie was baie harde werk, maar dit is alles die moeite werd.

“Dis nou ‘n nuwe Oosskool-tradisie wat ons ingestel het en ons beoog om dit vol te hou,” het Michelle van der Westhuizen, die organiseerder van die kompetisie vertel.

Waarnemende skoolhoof, Lizette Olivier, het Van der Westhuizen bedank vir haar harde werk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button