Ludolph Neethling en Chené Schulenburg dans 'n storm los tydens die Pietie-ambassadeurs se Lentedans verlede Donderdag.
Hoërskool Pie-tersburg se Lentedans is ‘n jaarlikse instelling wat slegs vir dié skool se Pietie-ambassadeurs geoogmerk is.
Die dans het verlede Donderdag plaasgevind.
Leerders moet aansoek doen om aan die Pietie-ambassadeursgroep te behoort en daar word hoofsaaklik op leierskapontwikkeling van die lede van hierdie groep gefokus.
Die Lentedans-geleentheid is die ambassadeurs se sosiale geleentheid van die jaar om die koms van die lente te vier.
Christiaan Thiart en Yanka van Wyk dans saam tydens die Pietie-ambassadeurs se Lentedans verlede Donderdag.Dewald Stroebel en Zaria van Wyk loer deur hul maskers tydens die Pietie-ambassadeurs se Lentedans verlede Donderdag.Hilary Venter en Handré Gowar voer ‘n rock n roll-danspassie uit tydens die Pietie-ambassadeurs se Lentedans verlede Donderdag.Sherize Vercueil en Robey van der Merwe wys hoe om ‘n perfekte “dip” uit te voer tydens die Pietie-ambassadeurs se Lentedans verlede Donderdag.Carien van der Heyde en Henjo van Beek maak ‘n tiekiedraai tydens die Pietie-ambassadeurs se Lentedans verlede Donderdag.Chanté Ferreira en Luan Visagie dans langarm tydens die Pietie-ambassadeurs se Lentedans verlede Donderdag.Michelle Badenhorst en Daniel Snyman voer ‘n danspassie uit tydens die Pietie-ambassadeurs se Lentedans verlede Donderdag.Chené van der Merwe en Daniel Swarts probeer ‘n paar tango-passies tydens die Pietie-ambassadeurs se Lentedans verlede Donderdag.Melandie Snyman en Raen-Leighton Wood sê hulle het baie pret gehad tydens die Pietie-ambassadeurs se Lentedans verlede Donderdag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!