Johan Bezuidenhout lyk of hy reg uit die 70's gestap het, gereed vir 'n aand van pret by HTS Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie.
Leerders van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het die einde van die kwartaal verlede Dinsdag gevier met ‘n sokkie waar leerders soos kaalvoet blommekinders aangetrek het.
Die fondse wat ingesamel is deur hierdie sokkie sal aangewend word vir die skool se Revue-fonds.
Die Tommies se Revue sal in Oktober by die skool plaasvind en groot opgewondenheid het by die dans geheers oor hierdie komende vertoning.
Kort rokkies, blommetjieshemde en lang swart hare was maar van die klerekasitems wat gebruik is om die leerders in vrolike blommekinders te omskep.
“Dit is lekker om soms anders aan te trek. Die sokkie is baie lekker,” het Dioné Cilliers aan Review gesê.
Johan Bezuidenhout lyk of hy reg uit die 70’s gestap het, gereed vir ‘n aand van pret by HTS Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie.
Leoné Jansen van Rensburg en Larissa Jansen van Rensburg sê hulle het moeiete gedoen om soos blommekinders aan te trek vir Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie verlede Dinsdag.
Die metaalplaatjies aan Bridget Calitz en Tanya Jansen van Rensburg se klere klinkel wanneer hulle loop by Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie verlede Dinsdag.
Jane Jansen van Rensburg en Stefan Mosterd se lang hare, kopbande en spoggerige onderbaadjies spreek van ‘n vervloeë era by HTS Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie verlede Dinsdag.
Adriaan Horn neem die blommekind-tema ter harte met ‘n oulike hoedjie en nekbehangsel by Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie verlede Dinsdag.
Juan Kruger is uitgevat in ‘n vrolike geblomde hemp vir Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie verlede Dinsdag.
Johnny du Rant sê hy het die verskillende kreatiewe uitrustings by HTS Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie baie geniet.
Dominic Erasmus, Simoné Otto, Jada Whitaker en Chirsja Prinsloo is gereed om te begin dans by HTS Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie verlede Dinsdag.
Johanita Cilliers, Nichola Kotze en Dioné Cilliers maak ‘n pragtigie hippie-trio by HTS Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie verlede Dinsdag.
Leandri Maritz, Marné du Bruyn, Hanli Heins en Sané Albertse is van Tom Naudé se mooiste hippies tydens die skool se kaalvoet blommekind-sokkie verlede Dinsdag.
Jean de Jager wys die vredesteken langs Lané du Plessis tydens HTS Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie.
Eugene Buys en Lucian Southon kuier ‘n hond uit ‘n bos by HTS Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie.
Gert Reynecke en Lisa Schoeman vier vrede, liefde en verdraagsaamheid by HTS Tom Naudé se kaalvoet blommekind-sokkie verlede Dinsdag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!