NewsSchools

Osieteddies bederf oupas en oumas

Osie-teddies Kleinkindontwikkelingsentrum se kleuters het onlangs hul jaarlikse Ouma- en Oupadag in Laerskool Pietersburg-Oos se skoolsaal aangebied.

Osie-teddies Kleinkindontwikkelingsentrum se kleuters het onlangs hul jaarlikse Ouma- en Oupadag in Laerskool Pietersburg-Oos se skoolsaal aangebied.

Die kleuters het hul oumas en oupas se harte laat smelt met opvoerings van gedigte en liedjies wat hulle liefde vir hul grootouers uitgebeeld het.

Die eregaste, die oumas en oupas, het ook heerlike eet- en drinkgoed geniet onder die groot skadubome in Oosskool se vierkant buite die saal, wat pragtig versier was in skakerings van pers en wit vir die dag.

Elize van Schalkwyk, een van die oumagrootjies wat die dag bygewoon het, het gesê dat dit vir haar wonderlik was om te sien hoeveel die kinders reeds weet teen so ‘n jong ouderdom en het met baie lof van die Teddies se onderwysers gepraat.

Sien foto’s

“So 80 jaar gelede was dit ‘n heel ander storie,” het sy met ‘n glimlag vertel.

Die kleuters het ook vir hul oumas en oupas geskenke gemaak op hierdie spesiale dag en hulle bederf met unieke skilderye en en handgeverfde borde.

Cobus en Naomi Steyn kuier saam met hulle kleinseun, AJ Bronkhorst, by Osieteddies se Ouma- en Oupadag.
Cobus en Naomi Steyn kuier saam met hulle kleinseun, AJ Bronkhorst, by Osieteddies se Ouma- en Oupadag.
Ashton en Diane Hamman saam met hulle kleindogter, Ashley, tydens Osieteddies se Ouma- en Oupadag verlede Saterdag.
Ashton en Diane Hamman saam met hulle kleindogter, Ashley, tydens Osieteddies se Ouma- en Oupadag verlede Saterdag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button