Die leerders van Laerskool Pietersburg-Oos het aan Review vertel hoe hulle vir weke lank uitgesien het na die skool se pretdae wat verlede Woensdag en Donderdag plaasgevind het.
Die juniorklasse het verlede Woensdag hul pretdag geniet, terwyl die seniors se beurt Donderdag gekom het.
Die aktiwiteite waaraan die leerders deelgeneem het, het kaskarwedrenne, pret in die swembad, skokkerwedstyde en flieks op die grootskerm in die saal ingesluit.
“Ons swem lekker, maar die water is baie koud,” het Anju Combrink vertel waar sy en haar maatjie, Rianke Blignaut, bibberend op haar handdoek gelê het.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



