NewsSchools

Suikerbekkie word hele 35 jaar ‘groot’

Suikerbekkie Kleuterskool het op 2 Oktober hulle jaarlikse konsert, Suikerbekkie is Groot, by Bolivia Lodge aangebied.

POLOKWANE – Suikerbekkie Kleuterskool het op 2 Oktober hulle jaarlikse konsert, Suikerbekkie is Groot, by Bolivia Lodge aangebied.

Die skool het hulle 35ste bestaansjaar gevier deur al die fases van die skool se “lewe” uit te beeld in die konsert.

Die Pikkewyn- en Skilpadklasse het die skool se babajare uitgebeeld terwyl die Beertjieklas die skool se kleuterskooljare uitgebeeld het.

Die Olifantklas het Suikerbekkie se laerskoolloopbaan opgevoer en die Zebraklas het hulle weergawe van die skool se tienerjare uitgebeeld.

Die Visklas, uitgevat in trouklere, het ‘n troudag uitgebeeld, die Luiperdklas het ouerskap uitgebeeld met hulle Mamma- en Pappa-mengelmoesliedjies en die Apieklas het vir die oumas en oupas ‘n liedjie of twee gesing.

Die skool se personeel het al die ouers en elkeen wat deur die jare bygedra het tot Suikerbekkie Kleuterskool se sukses, vir hul bydrae bedank.

Dihan du Plessis, Lefa Ragongo en Kay-Lynn van Rooyen van die Apie-klas voer 'n slaaptyddans uit tydens Suikerbekkie Kleuterskool se konsert op 2 Oktober.
Dihan du Plessis, Lefa Ragongo en Kay-Lynn van Rooyen van die Apie-klas voer ‘n slaaptyddans uit tydens Suikerbekkie Kleuterskool se konsert op 2 Oktober.
Denien Vickery en Johan Bresler van die Luiperd-klas in aksie op die verhoog by Suikerbekkie Kleuterskool se konsert op 2 Oktober.
Denien Vickery en Johan Bresler van die Luiperd-klas in aksie op die verhoog by Suikerbekkie Kleuterskool se konsert op 2 Oktober.
Die Luiperdklas sing oor Bonnie en Clyde tydens Suikerbekkie Kleuterskool se konsert op 2 Oktober. Lekeisha Naidoo, Joshua Bradbury, Saromé du Plessis, Andru de Beer en Laenté Vermeulen voer die danspassies uit.

Dihan Du Plessis en Annelien Lombard dans op die maat van Nostalgie by Suikerbekkie Kleuterskool se konsert op 2 Oktober.
Dihan Du Plessis en Annelien Lombard dans op die maat van Nostalgie by Suikerbekkie Kleuterskool se konsert op 2 Oktober.

Meer foto’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button