NewsSchools

‘n Goeie onnie is iemand…

ONDERWYSERDAG is wêreldwyd vanjaar op 5 Oktober gevier. Review het by leerders van Makhado gaan hoor wat hulle dink die eienskappe van 'n goeie onnie is.

ONDERWYSERDAG is wêreldwyd vanjaar op 5 Oktober gevier. Review het by leerders van Makhado gaan hoor wat hulle dink die eienskappe van ‘n goeie onnie is.

Monique Pelser (16) glo in spesiale aandag in die klaskamer. "Ek waardeer dit wanneer onderwysers probeer om individuele aandag te gee aan leerders wat sukkel met sekere werk. 'n Onderwyser wat die skoolwerk deeglik verduidelik tot almal dit verstaan is vir my 'n goeie onderwyser. Onnies moenie onderskeid tref en witbroodjies hê nie. Hulle moet ook nie onnodig wegbly van die skool af nie," sê sy.
Monique Pelser (16) glo in spesiale aandag in die klaskamer. “Ek waardeer dit wanneer onderwysers probeer om individuele aandag te gee aan leerders wat sukkel met sekere werk. ‘n Onderwyser wat die skoolwerk deeglik verduidelik tot almal dit verstaan is vir my ‘n goeie onderwyser. Onnies moenie onderskeid tref en witbroodjies hê nie. Hulle moet ook nie onnodig wegbly van die skool af nie,” sê sy.
Hendrie Denner (16) sê 'n onderwyser moet altyd skoolwerk eerste stel.  "'n Goeie onderwyser is die een wat die werk deeglik verduidelik. Onderwysers wat nader aan eksamentyd ekstra nasienklasse aanbied is wonderlik. Ek hou van 'n onnie wat streng is en goeie dissipline handhaaf; die onnie wat nie nonsens vat nie is 'n goeie onnie," sê hy.
Hendrie Denner (16) sê ‘n onderwyser moet altyd skoolwerk eerste stel. “‘n Goeie onderwyser is die een wat die werk deeglik verduidelik. Onderwysers wat nader aan eksamentyd ekstra nasienklasse aanbied is wonderlik. Ek hou van ‘n onnie wat streng is en goeie dissipline handhaaf; die onnie wat nie nonsens vat nie is ‘n goeie onnie,” sê hy.
Lezandri Oosthuizen (16) het 'n konserwatiewe benadering wanneer dit kom by haar onderwysers. "Ek hou van 'n onderwyser wat streng is, maar ook nie te streng nie. Die belangrikste is dat my onderwyser my moet leer. Hy moenie my vriend wees nie. Ek voel 'n onderwyser moet normaal aantrek, niks moet uitsteek nie, maar hulle hoef darem ook nie in formele pakke rond te loop nie," sê sy.
Lezandri Oosthuizen (16) het ‘n konserwatiewe benadering wanneer dit kom by haar onderwysers. “Ek hou van ‘n onderwyser wat streng is, maar ook nie te streng nie. Die belangrikste is dat my onderwyser my moet leer. Hy moenie my vriend wees nie. Ek voel ‘n onderwyser moet normaal aantrek, niks moet uitsteek nie, maar hulle hoef darem ook nie in formele pakke rond te loop nie,” sê sy.
Broer en suster Lukas (12) en Sualize van der Merwe (9) het verskillende idees wanneer dit kom by wat 'n goeie onderwyser moet wees. "'n Onderwyser is vir my 'n goeie onderwyser wanneer hy dissipline kan handhaaf," sê Lukas. "Wanneer 'n onderwyser 'n klas aanbied op 'n manier wat leerders kan geniet, is daardie onnie sommer oulik," sê Sualize.
Broer en suster Lukas (12) en Sualize van der Merwe (9) het verskillende idees wanneer dit kom by wat ‘n goeie onderwyser moet wees. “‘n Onderwyser is vir my ‘n goeie onderwyser wanneer hy dissipline kan handhaaf,” sê Lukas. “Wanneer ‘n onderwyser ‘n klas aanbied op ‘n manier wat leerders kan geniet, is daardie onnie sommer oulik,” sê Sualize.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button