Leerders van Pietersburg Laerskool het Limpopo verteenwoordig by die Nasionale Astrologie vasvrakompetisie, AstroQuiz, wat verlede Donderdag in Centurion aangebied is.
Die AstroQuiz-uitdunronde in Limpopo is deur die Universiteit van Limpopo aangebied onder leiding van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir die Bevordering van Wetenskap en Tegnologie en Nasionale Navorsingsinstituut.
Slegs die beste skole uit die nege provinsies het aan die nasionale ronde deelgeneem.
Laerskool Pietersburg het ‘n algehele tweede plek verwerf, met slegs een punt minder as die wenners van Noord-Wes.
Elke leerder het ‘n trofee asook ‘n rekenaartablet gewen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



