POLOKWANE – Curro Heuwelkruin het verlede week gasheer gespeel vir die eerste ronde van die Nasionale Eisteddfod in die stad.
Verskeie eerste rondes vind in dorpe en stede regoor Suid-Afrika plaas.
Die visie van Eisteddfod is om leerders aan te moedig om deel te neem aan uitvoerende kunste en een van Curro Heuwelkruin se doelwitte is om leerders se kunspotensiaal te ontwikkel. “Ons glo dat uitvoerende kuns selfvertroue bou,” het Nicole Senekal, kultuurhoof: Curro Heuwelkruin gesê.
Heuwelkruin het van 15 tot 17 Oktober aan die Nasionale Eisteddfod se eerste ronde deelgeneem.
Hulle het as gasheerskool opgetree en nie net het hul eie leerders deelgeneem nie, maar ook leerders van ander skole.
Curro Heuwelkruin Laerskool se uitslae:
• 69 diplomas (90 tot 100%);
• 26 goue toekennings (80 tot 89%), en
• 11 silwer toekennings (70 tot 79%).
Curro Heuwelkruin Hoërskool se uitslae:
• 46 diplomas (90 tot 100%);
• 54 goue toekennings (80 tot 89%), en
• 19 silwer toekennings (70 tot 79%).
Leerders sal later uitvind wie na die tweede ronde van dié kompetisie deurdring.






