NewsSchools

Eleanore spog met 7 trofeë

Eleanore Reynecke is 'n gr. 12-leerder van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat uitblink op talle gebiede.

POLOKWANE – Eleanore Reynecke is ‘n gr. 12-leerder van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat uitblink op talle gebiede.

Nie net het sy die ATKV-sertifikaat vir prestasie in Afrikaans ontvang met ‘n gemiddeld van 89% tydens die skool se prysuitdeling verlede Donderdag nie, sy het ook sewe jaarpuntonderskeidings in die vakke Afrikaans-huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewens-oriëntering, ingenieursgrafika en ontwerp asook elektriese tegnologie behaal.

Eleanore het die volgende trofeë tydens die skool se prysuitdeling ontvang:

• Die Saambou Trofee vir die beste prestasie in ingenieursgrafika en ontwerp;

• Die Org van den Berg Trofee vir beste prestasie in elektriese tegnologie;

• Die Jakkie Badenhorst Trofee vir beste prestasie in Afrikaans huistaal;

• Die Snyman Trofee vir beste prestasie in fisiese wetenskappe;

• Die Nedbank Trofee vir beste prestasie in wiskunde;

• Nie Erzet Trofee vir beste prestasie in wiskunde en fisiese wetenskappe, en die

• Kenze Trofee vir mees verdienstelike leerder in gr. 12.

Eleanore het ook ‘n goue medalje gekry omdat sy ‘n gemiddeld bo 80% gehandhaaf het deur die jaar, asook die Tommie-medalje vir die beste akademiese prestasie in gr. 12.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button