NewsSchools

Leerders braai vir ‘n troue

Die gr. 3M-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos het Saterdag ingespring om hulle onderwyser te help om die troue van haar drome te wen.

POLOKWANE – Die gr. 3M-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos het Saterdag ingespring om hulle onderwyser te help om die troue van haar drome te wen.

Michelle van Sandwyk is verloof aan Nico Venter en het ingeskryf vir die Mall of the North se troukompetisie. Die leerders van haar klas het besluit om die skouer aan die wiel te sit om haar te help wen.

Tydens die eerste ronde van die kompetisie het die leerders hul ouers aangespoor om vir Michelle en Nico te stem per SMS en die paartjie het deurgedring na die volgende ronde van die kompetisie.

“My juffrou moet geld insamel vir die kompetisie en ons het besluit om haar te help. Daarom het ons Saterdag by die Platinum Park Winkelsentrum worsbroodjies verkoop om juffrou Michelle te help,” het Zoë Galloway, een van die leerders, verduidelik.

“Ek het wonderlike leerders met wonderlike ouers in my klas en hulle ondersteun my baie mooi.

“Ek waardeer alles wat hulle vir my doen,” het Michelle gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button