NewsSchools

PHS se gr. 12’s met seremonie gegroet

Hoërskool Pietersburg het verlede Vrydag vanjaar se gr. 12-groep 'n finale vaarwel toegeroep tydens 'n emosiebelaaide seremonie.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg het verlede Vrydag vanjaar se gr. 12-groep ‘n finale vaarwel toegeroep tydens ‘n emosiebelaaide seremonie.

Volgens tradisie het die verrigtinge begin met die oorhandiging van die Matriekblok, bekend as heilige grond, aan volgende jaar se gr. 12-leerders.

Daarna het die hoofseun, Richardt Stroebel en hoofmeisie, Elizma le Roux briewe aan die skool voorgelees en dié briewe in ‘n spesiale posbus gesit. Hierdie briewe sal nie weer oopgemaak word voor 2021, wanneer PHS 100 jaar oud word nie.

Die leerders het ‘n erewag vir die gr, 12’s gevorm terwyl hulle vir oulaas na die skool se vierkant gestap het vir ‘n laaste skoolopening.

Daar is die gr. 12-groep toegespreek deur hul graadvoogde, skoolhoof Willie Schoeman, en oud-Pietie Mariette Snyman, redakteur van Rooi Rose.

Richardt en Elizma het ook elkeen ‘n kort toespraak gelewer waarin hulle die skool gegroet en bedank het.

Na die opening het die gr. 12-groep PHS se vaandel, Kardoesie en Scotty, die gelukbringermotor, aan die gr. 11-groep oorhandig.

Die gr. 12’s het daarna die grootmenswêreld tegemoet gestap deur PHS se Poort na Kennis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button