NewsSchools

Suikerbekkies leer oor padveiligheid

Verlede Donderdag het beamptes van Fauna and Flora Natural Science Advancement (Fansa) besoek afgelê by Suikerbekkie Kleuterskool waar hulle die kleuters meer geleer het oor padveiligheid.

POLOKWANE – Verlede Donderdag het beamptes van Fauna and Flora Natural Science Advancement (Fansa) besoek afgelê by Suikerbekkie Kleuterskool waar hulle die kleuters meer geleer het oor padveiligheid.

Fansa is ‘n organisasie sonder winsbejag wat skole besoek om leerders meer bewus te maak van hul omgewing en die gevare daarin.

Die kleuters het geleer hoe en wanneer om ‘n pad oor te steek, om altyd sitplekgordels te dra en wat die kleure van verkeersligte beteken.

Hulle het ‘n liedjie geleer wat die belangrikheid van veiligheidsgordels beklemtoon het.

“Asseblief, ek het jou lief, gordel vas,” het die kleuters lustig saam met die beamptes van Fansa gesing.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button