POLOKWANE – Voor verlede Woensdag het die klank van samesang die lug gevul by Hoërskool Pietersburg se jaarlikse Lenteliedjie-kompetisie.
Die kompetisie het om 18:30 afgeskop en die leerders het in die skool se vierkant bymekaargekom in hul graadgroepe om hul eer-ste sarsie liedjies te sing en om die beoordelaars te beïndruk met hulle spanwerk.
Daarna het die graadgroepe in rotasie by verskillende punte op die skoolterrein bymekaargekom en alles uitgehaal om die beoordelaars te bekoor en die kompetisie te wen.
Die wenners van vanjaar se Lenteliedjie-kompetisie was die gr. 10’s.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



