Marne Ebersöhn Akademie se tophokkiespelers is voor, Suanel Daniëls. Agter haar staan Jenny Norman, Henna Sonnekus, Jazel Kern en Thinus Botha. Hierdie spelers het almal Limpopo-kleure verwerf vir hokkie terwyl Jenny en Suanel ook hul Suid-Afrikaanse kleure verwerf het.
POLOKWANE – Leerders van die Marne Ebersöhn Akademie het onlangs uitstekende prestasies behaal in verskeie sportsoorte.
Stefan Pretorius het onlangs aan die Internasionale Sportkarate Assosiasie se nasio-nale skopbokskampioenskappe deelgeneem. Hy het derde geëindig in die semi-afdeling en tweede in die ligte-afdeling. Stefan is ook gekies om volgende jaar aan twee wêreldskopbokskampioenskappe deel te neem in Londen en New York.
Bernard Büys het op 4 Oktober gradeer van ‘n pers gordel na ‘n bruin gordel in karate.
Stefan Pretorius sê hy sien uit na die twee wêreldskopbokskampioenskappe waaraan hy volgende jaar in New York en Londen gaan deelneem. Hy het vir dié kampioenskappe gekwalifiseer tydens die Internasionale Sportkarate Assosiasie se kampioenskappe.Bernard Büys sê hy is baie trots op homself nadat hy onlangs gegradeer het van ‘n pers gordel na ‘n bruin gordel in karate.Tarita Botha is een van Marne Ebersöhn Akademie se beste skuts. Sy het onlangs 33ste geïndig in ‘n nasionale skietkompetisie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Skool Skiet-unie.
Vyf van die akademie se leerders is ge-kies vir Limpopo-hokkiespanne:
• Jenny Norman, Limpopo-opemeisiespan.
• Henna Sonnekus, Limpopo B-meisiespan.
• Suanel Daniëls, Limpopo B-meisiespan.
• Jazel Kern, Limpopo o/14-meisiespan.
• Thinus Botha, Limpopo-opeseunspan.
Jenny en Suanel het ook Suid-Afrikaanse kleure vir hokkie verwerf.
Tarita Botha het aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Skool Skietunie (SANSSU) se nasionale skietkampioenskappe deelgeneem en 33ste geëindig met ‘n telling van 1 366.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!