NewsSchools

Osies sing karaoke

Laerskool Pietersburg-Oos se gr.7-afskeidsfunksie is op hande en om geld vir hierdie geleentheid in the samel, het die skool hul jaarlikse Lentesokkie gekombineer met 'n karaoke-aand

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos se gr.7-afskeidsfunksie is op hande en om geld vir hierdie geleentheid in the samel, het die skool hul jaarlikse Lentesokkie gekombineer met ‘n karaoke-aand in die skoolsaal verlede Donderdag.

Slegs gr. 6- en 7-leerders het die jolige geleentheid bygewoon.

Onderwysers Johan Bekker en Steve Kruger met PJ Strydom en Eddie Human kort op hul hakke, het die leerders touwys gemaak in die kuns van karaoke.

Dit was net die regte medisyne om die leerders aan die sing te kry.

Die woorde van die liedjies was op ‘n grootskerm geprojekteer.

Enrique Louwrens en Dewald de Lange van Laerskool Pietersburg-Oos sing Abba se Mama Mia  tydens Oosskool se Lentesokkie en karaoke-aand. Hierdie aand is aangebied om geld in te samel vir die skool se gr. 7-afskeidsfunksie.

Gadaffi Mokgala, JD en Pieter Roos en Johan Horn met Zanru Jewaskiewitz (in groen) en Gerhard Maree agter hulle geniet Oosskool se Lentesokkie en karaoke-aand. Hierdie aand is aangebied om geld in te samel vir die skool se gr. 7-afskeidsfunksie.

Laerskool Pietersburg-Oos onderwysers Johan Bekker en Steve Kruger sing een van die gewilde Afrikaanse sanger Theuns Jordaan se liedjies by dié skool se Lente sokkie en "karaoke"-geleentheid verlede Donderdag.
Laerskool Pietersburg-Oos onderwysers Johan Bekker en Steve Kruger sing een van die gewilde Afrikaanse sanger Theuns Jordaan se liedjies by dié skool se Lente sokkie en “karaoke”-geleentheid verlede Donderdag.
Die gr.6 en gr.7-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos jil van lekkerkry met onnies PJ Strydom en Eddie Human wat Robbie Wessels se gewilde "Leeuloop"-liedjie sing by hierdie skool se Lente sokkie en "karaoke" geleentheid verlede Donderdag.
Die gr.6 en gr.7-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos jil van lekkerkry met onnies PJ Strydom en Eddie Human wat Robbie Wessels se gewilde “Leeuloop”-liedjie sing by hierdie skool se Lente sokkie en “karaoke” geleentheid verlede Donderdag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button